DSC_3368 (Large)

Na baie harde werk is  ons uit eiendelik klaar met  die webtuiste en gereed om dit oop te maak. Voor ek enige iets  gaan se wil ek   vir Etienne van Wyk n baie GROOT dankie se vir die opstel van die blad.  Hy het ontsetend hard gewerk om die blad n moontlikheid te maak. Hy het ook geen moeite ontsien om die blad  vir ons boeremusiek liefhebers iets te maak waarop ons baie trots kan wees. Dankie ook aan Theo van Wyk wat die dryfveer agter die blad is.

Hierdie blad is vir julle die boeremusiek liefhebers en Boermusiek musikante. Ons gaan baie staatmaak op julle om vir ons stories, staaltjies, fotos, musiek, videos en inligting  in verband met  Boeremusiek feeste  te Epos aan te stuur. So moet nie wag stuur  daardie mooi goed wat julle graag wil deel ons plaas dit graag.

Ons wil die blad met julle hulp iets besonders en mooi maak. Iets waarop ons as boeremusiek liefhebbers en musikante baie trots gaan wees. Ons weet dit gaan nie maklik wees nie. Maar met hardewerk en toewyding is dit meer as moontlik.  Die webtuiste is nog bietjie vreemd vir ons. Dus sal ons begin met baba treetjies.

As daar enige iets is wat julle wil he ons moet  byvoeg op die blad  of enige idees het moet julle dit asseblief vir ons stuur. Onthou dit is  ons die boeremusiek mense se blad die.  Ons luister graag na julle idees. So kom mense laat ons hoor van julle.

Groete
Die boeremusiek span.

Skrywer: Nollie Greyling

0 227