ONBEKEND

Wanneer mense praat oor Boeremusiek is dit die Konsertina wat onwillekeurig eerste opkom. Daarom dink ek dit is net van pas om so n bietjie oor hierdie beskeie instrument te gesels.

Hierdie klein boksie met sy note aan beide kante lyk baie eenvoudig om baas te raak. Maar die werklikheid is dat die Konsertina uiters moeilik is om baas te raak. Ons Koppel altyd die Konsertina met boeremusiek. Maar die Konsertina strek baie verder terug as net Boeremusiek. Ons praat hier van die 18 honderds en miskien nog verder terug. Dalk is daar van ons vriende wat meer inligting het van hoe ver terug die Konsertina dateer. Wat vir my baie interessant is, is dat die Konsertina baie gebruik was in sirkus vertonings en ook in die Heilsleer. Dit was een van die hoof instrumente in die Heilsleer. Die Konsertina was ook baie gebruik in simfonie orkeste. As dit kom by musiek het die konsertina beslis baie slaankrag.

Wat vir my baie opvallend is, is dat daar so baie vrouens die instrument bespeel het in die 18honderds. Ek verneem die eerste konsertina speler was n vrou en soos ek verstaan nogal van Russiese afkoms. Hier by ons is dit maar die laaste paar jaar wat daar vroue Konsertina spelers is wat na voretree. Daar is so baie wat gese kan word oor die Konsertina.

Ons sal later weer gesels oor die klein boksie wat so n groot inpak op ons geliefde boeremusiek gemaak het. Dit sal lekker wees om van ons dames en ook van ons manne te hoor wat die Konsertina bemeester het. Ek plaas ook n paar fotos van konsertina spelers van toeka. Let op hoeveel vroue konsertina spelers op die fotos voorkom. Onthou hierdie blad is vir julle, ons Boeremusiek liefhebers en musikante. Moet dus nie huiwer om iets by te voeg, of om kommentaar te lewer op artikels, musiek, fotos en videos.

Deur: Nollie Greyling

 

symph SalvJubilee_1967 SalvBristol05_1967 SalvBristol04_1960 SalvBristol03_1938 SalvBristol02_1923 SalvBristol01_1923 page17-1047-full page17-1038-full page17-1018-fullpage17-1019-fullWILLIAM KIMBER 1909 page17-1017-fullpage17-1040-full 1870COLEMANS BROERS 1900KONSERTINAS IN DIE VENSTER VAN McGINLEY TABAK DEPOTnewbedpage17-1013-full ONBEKEND MUSIKANTE VAN DIE OLDHAM MORRIS 1905 KADET KONSERTINA ORKES GLOSSOP MORRIS DANCERS 1927. LET OP DAAR IS TWEE KONSERTINA DIE VOORTREKKERS DANS ORKES DIE 4 TRANSVALERS ONBEKEND

1 755

'n Kommentaar op “Net so klein ietsie oor die Konsertina

Leave a Reply to Ferdi en Letitia van Zyl Cancel Reply

  1. Ferdi en Letitia van Zyl 4 years ago

    Baie dankie vir die inligting oor die konsertina. Dit is nou n instrument wat almal fassineer.