LogoDark

Goeie dag aan ons Boeremusiekfamilie.

Dit is met trots dat ons kan se dat ons web blad met groot sukses die wereld ingestuur is en met julle wonderlike boeremusiekliefhebbers se samewerking het ons baie positiewe terugvoer gekry. Ons waardeer alle kommentaar, goed en minder goed, want so leer ons. Ons vra ook verskoning vir die paar spelfoutjies wat ingesluip het en wat aan ons uitgewys is.
Hiermee net weer om vir een en almal van julle te se ons waardeer julle vriendskap. Dit is sooooooo leker as ons bymekaar kom om ons liefde vir mekaar en vir boeremusiek uit te leef. Ek kan nie wag vir die volgende keer.
Julle moet asb onthou hierdie webblad behoort aan julle en julle moet asb vir ons vertel wat julle verwag om te sien. Kom asseblief na vore met julle idees, staaltjies, lawwe stories, enige iets wat ons Boere na aan die hart le.
Ons is hier om Boeremusiek te bevorder met die samewerking met elke lid van ons boeremusiekfamilie.
Julle is die rede dat die Diamant 4 resep en hierdie webblad so groot sukses is. Gee asb vir jullself n staande ovasie. Julle maak dit vir ons maklik deur julle liefde, om Boeremusek te bevorder en is dit nie ons almal se einddoel met hierdie projek nie? Ons plaas hier onder ‘n paar van die terugvoerings wat ons gekry hetvir julle insae.

 
Haai julle, ons is so jaloers op julle feeste, hier by ons by die see is dit droogte wat Boeremusieke betref. Die mense hier is nie so ernstig oor Boeremusiek soos op die Rand nie. Groete van Uvongo by die see. -Dries du Plessis

“Ons dink hierdie webblad is fantasties. Sal dit defnitief gereeld besoek. Ons wil ook net vir julle dankie se vir al die wonderlike Boeremusiek Feeste wat julle aanbied. Dit is uit die boonste rakke. Ons probeer om elke funksie wat julle aanbied by te woon, maar soms is dit baie moeilik veral met Ferdi se werksomstandighede. Ek (Letitia) wil julle ook baie dankie se dat julle vir Ferdi die geleentheid gegee het om ook sy talent op julle verhoog te kon ten toon stel. Dankie dat julle al die musikante n kans gee om op julle funksies te speel. Daar is gewoonlik so n groot verskeidenheid van musikante dat dit nie een oomblik vervelig raak nie.”

Boeremusiek Groete
Ferdi en Letitia

“Baie mooi website. En altyd n plesier om daar te dans. Pragtige Venue Sommer by die huis en julle gasvryheid is iets om oor huis toe te skryf dankie”. -Mariaan Ungerer

“Ek hou van wat ek hier sien sal ook graag bietjie musieke wil deel”.- Johan van Vuuren.

 

As ek my laaste word mag byvoeg…. Mense… as julle nog nie by Diamant 4 se Boeremusiekfeeste was nie, mis julle n wonderlike ervaring. Ons as Boeremusiekfamilie wil n belofte aan jou maak….. as jy eers eenkeer hier was sal jy nie weer n fees misloop nie.

Deur: Theo van Wyk

0 130