LogoLight

‘n Hartlike Boeremusiek Welkom
Ons wil net aan al die gaste by die Diamant 4 Fees se dankie vir ‘n wonderlike “super” dag. Dit was ons mees suksesvolste fees ooit. Alhoewel die saal propvol was word ons feeste se sukses nie gemeet aan die hoeveelheid mense nie maar aan die genot wat ons mense geniet. Van alle kante af het ons terugvoer ontvang en dit is keer op keer ‘n terugvoer van dankbaarheid en plesier; hoe baie Tannie Santie dit geniet het en hoe lanklaas Oom Koos so lekker gedans het, en self van die musikante af net hoeveel hulle dit geniet het om net boeremusiek te maak en dit wat in die hart is te deel. Daar is geen ander woorde nie: Dit was “BOEREMUSIEK SUKSES”. Hier by half twee die oggend, toe die diesel uithardloop op die kragopwekker, het die gaste nog gesit en gesels. Sommiges het sommer oorgeslaap om net die volgende dag nog so nommertjie of twee te speel. Ons wil aan julle dankie se en ook aan ons Hemelse Vader, wat aan al die musiekante,dansers, kosmakers en vriende al hierdie talente geskenk het, so bymekaar te bring om so groot sukses te maak van ons fees. Laastens maar nie die minste nie, baie dankie aan julle, vir julle deelname aan die feeste en Boeremusiek Sonder Politiek familie. Dit is vir ons hier by Diamant 4 ‘n groot voorreg om met ons Diamant4 familie ge-assosieer te word. Glo ons vry, die voorreg is net ons sn.

Verder wil ons noem dat ons volgende fees DV op die 9 de April gehou sal word en die volgende musikante is alreeds opgelyn om vir ons bobaas musiek te kom maak.

Die Kannie Warries met hulle bloedbruisende kitaar nommers, Andre Henning wat die voete laat krul van sy lekker kitaar nommers, Rina van Wyk wat enige boerehart week maak met haar boerekonsertina, Robbie Holm met sy konsertina wat die mense op die dansvloer laat wag vir die volgende een, Ferdie van Zyl wat sorg dat die dansvloer vol bly, die Teelepeltjies wat ‘n mens verstom met die jongmense se musiektalent, Johnny Volbrecht wat se “Vaalrivier seties” nou nommer een is op die treffersparade, Andre van Deventer met sy sprankelende “drie vinger pick” nommers wat die mense laat ‘opspring om te gaan dans’, sodra hulle die eerste note van sy kitaar hoor, Kobus Paulsen met sy vele talente op konsertina en sleutelbord, Martin van Vuuren al die pad van Port Elizabeth hierheen ry om die mense weereens te bekoor met sy onuitputlike bron van “bont staan ” nommers, Dan laaste maar nie die minste ons twee legendes en veterane… Danie Grey en Hannes Schoeman wat geen bekendstelling nodig het nie.

Mense nou kan julle sien hoekom hierdie die FEES VAN DIE JAAR gaan wees.

Moet dus onder geen omstandighede hierdie fees misloop nie. Soos Theo van Wyk altyd se: “Om hierdie fees mis te loop grens aan sonde”. He He Mense dit gaan weer lekker wees soos net ons boere dit kan doen. Van Diamant 4 se kant wil ons belowe om te probeer om die volgende fees nog lekkerder te maak. Ons besef dis ‘n “Tall Order” maar ons gaan n haas uit die hoed pluk.
Die volgende Fees is op die 9de April weer by “Diamond 4 Estate Venue”. Kom geniet die dag hier by ons. Maak seker die dans skoentjies is vasgemaak. Lekker boerewors rolle, kerrie-en-rys en koek soos gewoonlik. Beste van als: Lekker Boeremusiek!

Daarna kan julle kom kuier weer by Koppisol te De Deur. Dit is die naweek van die 22ste April. Pak uit jou karavaan want die boeremusiek gaan begin! Lekker swem en speel vir die kinders.

Vir die wat dit gemis het, so brokkie van die vorige fees. Geniet dit!
Webblad

Die weblad is ‘n groot sukses en die terugvoering wat ons van julle, ons lesers kry is wonderlik. Stuur vir ons asb. nog stories, verhaaltjies, videos en fotos sodat ons dit op julle webblad kan laai. Onthou dit is julle blad, deur boeremusiek liefhebbers vir boeremusiek liefhebbers.

Dankie vir almal wat opgeteken het vir ons e-pos briefies. Julle is welkom om enige name vir ons te e-pos wat ook wil ontvang sodat ons dit op die lysie kan sit. Enige nuus aangaande boeremusiek kan ook aan ons gepos word sodat ons dit kan pos op die briefies en webblad.

Enige verdere voorstelle of idees kan gestuur word na tevanwyk@gmail.com.

Boere Groete
Boeremusiek Sonder Politiek
www.boeremusiek.co.za

0 755