OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Diamant 4 “Genuine” Boeremusiek CD1

Format : CD

Share

×

Martin Van Vuuren is gebore op 4 Maart 1949 in St Albans net buite Port Elizabeth. Hy is een van 11 kinders en sy pa, oom Collie, was ‘n vurige boeremusiek musikant. Vandaar dat 6 van sy elf kinders ook musikante was onder andere Percy wat ook baie bekend was onder boeremusiek vriende.

Martin, onder sy pa se musiek invloed, het op 7-jarige ouderdom die mondfluitjie en kitaar baas geraak, maar toe oom Collie vir Martin op 8-jarige ouderdom ‘n 3 ry konsertina gekoop het was die koeel deur die kerk en het Martin hom toegespits op enige tipe konsertina waarop hy sy hande kon slaan. Vandag word Martin beskou as ‘n meester op die engelse 3 3/4 ry asook die 2 ry boere konsertina. Martin vertel trots dat hy 3 seuns het wat almal ook musikante is en vanselfsprekend is Martin ook nou leermeester van sy 2 klein seuns wat albei konsertina speel.

Martin is een van die min konsertina spelers wat die konsertina kan speel terwyl hy ‘n gesprek voer met die persoon langs hom. Martin, die liefhebbers van egte boeremusiek wil vir jou dankie se vir jare se GROOT PLESIER wat jy met jou musike aan ons verskaf het.

Musikante

Engelse en Boere konsertina – Martin van Vuuren
Leier kitaar, Ritme kitaar en Bas kitaar – Theo van Wyk
Banjo – Baba Angus
Klaverbord en Trek klavier – Johnny Volbrecht
Dromme – Elektronies
 

Opname gedoen deur Theo van Wyk en Diamond 4 Studios

logo2

 

2016 | © Boeremusiek.co.za | Webblad deur Etienne van Wyk