OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Konsertina Vreugde

Title : Konsertina Vreugde
Catalog ref. : D4006
Format : CD

Share

×

Sy Passie

Johan het groot geword in die Roodepoort omgewing en kom uit ‘n musikale familie waar almal die een of ander instrument kon speel. Hy onthou as kind die braai vleis vure en musiek sessies saam met familie en vriende. In1986 het die  konsertina gogga hom gebyt en daarna was daar geen keer nie. Later jare het hy en sy broer Fred gereeld saam gespeel by ouetehuise en kerk bazaars.

 

Van Johan Self

Boeremusiek verskaf my met ongelooflike vreugde en ek dank die Hemelse Vader vir die talent wat hy my gegun het.

So drie jaar gelede was ek bevoorreg om aan te kon sluit by Theo van Wyk en sy orkes. Na verskeie boeremusiek feeste, boeremusiek gilde en ander saam speel geleenthede het ons bekend geword as die ‘Diamant 4 Dans Orkes’. Theo het my genader met die idee om ‘n CD op te neem en met trots is hy uiteindelik ‘n werklikheid. Dankie Theo.

 

Opgedra aan

My vrou Gerda(met sterk ore en baie geduld en vir die keuse van die CD naam). My seun Dries, My dogter Erna, My vriend Willem

 

Musiekante

Konsertina, Trek klavier en Trap orrel – Johan van Rensburg

Melodie kitaar, Bas kitaar en Ritme kitaar – Theo van Wyk

 

Opname gedoen deur Theo van Wyk en Diamond 4 Studios

logo2

2016 | © Boeremusiek.co.za | Webblad deur Etienne van Wyk