hans

Langarm Boerejol

Title : Langarm Boerejol
Release Date : April 24, 2019
Catalog ref. : BM003
Format : CD

Share

×

Dankie

“Eerstens wil ek alla eer aan ons Skepper bring vir al die gawes en talente wat Hy so ryklik aan ons skenk.

Boeremusiek is vir my van kleintyd af al ‘n passie en ek hoop dat die musiek op hierdie album baie lekker dans-en-luistergenot gaan verskaf aan elke Boeremusiek liefhebber!!

Vergun my asb my innige dank aan my vrou, Anna vir haar jare se ondersteuning en aanmodeiging, deur hierdie stokperdtjie te kan bedryf. Baie dankie ook aan een en elke Musikant waarmee ek oor die jare heen kon saam speel, gesels en skouer skuur en my musikaal so gehelp vorder het.

Groot Dankie aan Jaco van Deventer, vir sy pragtige verwerkings met al die nommers! Dit is absoluut skitterend gedoen, Dit is lekker nuwe en vars verwerkings van bekende Boeremusiek Legendes se komposisies. Dankie ook vir jou reelings met en tydens die opnames in Centurion, maar veral jou geduld, Jaco! Dankie ook aan Johnny Volbrecht(Trekklavier) en Kobie Botha(Klawers) wat so lekker saamgespeel het op die opnames.

Aan elke liefhebber van Moderne Boeremusiek, ek hoop van harte u geniet hierdie album terdee. ”

Boeremusiek groete
Hans Bothma

 

Musikante:

Hans Bothma – Konsertina

Johnny Volbrecht – Trekklavier

Jaco van Deventer – Alle verwerkings met Ritme Kitaar, Leier Kitaar, Bas kitaar en Tromme

Kobie Botha – Orrel en Klavier

Opnames en Regisseur deur Jaco van Deventer

2016 | © Boeremusiek.co.za | Webblad deur Etienne van Wyk