kanniewarries

Vaalrivier se Opskop snare

Title : Vaalrivier se Opskop snare
Release Date : April 24, 2019
Catalog ref. : CDMAR6208
Format : CD

Share

×

Die kannie warries dansorkes is terug!

Dis weereens vir my ‘n groot voorreg om die Kannie Warries aan jul bekend te stel, ed dit met hul splinternuwe album! Die orkes is afkomstig van die Vaaldriekhoek, en een van die streek se grootste spogstukke. Al ons liefhebbers van Boeremusiek, en in besonder die “snaar-aanhangers”, wag nou al twee jaar in spanning vir hul volgende lekkerny, en uiteindelik is hy in ons hande!
Die orkes is in die jaar 2000 gestig, en van daar het hulle vn krag tot krag gegroei. In die afgelope 13 jaar was slegs die volgende 9 kunstennars lede van die gewilde dansvloerkonings: Jurg Basson(Banjo en orkesleier), Ria Best(Ritme Kitaar), Johnny Porter(lei-kitaar), Bert Venter(bas-kitaar), Marius van der Merwe (tromme), Rudi Jooste (lei-kitaar), Danie Heunes (bas-itaar), Oubaas Joubert (ritmiese bas), en die nuutste toevoeging, Louis Benson(tromme).

Dankie aan elkeen wat die album koop, en daardeur ons geliefde boermusiek ondersteun. En ‘n spesiale dank aan die radiostasie en omroeper wat boeremusiek bevorder…Doen so voort!
En soos altyd…sit nou die CD in jou speler en “Moenie verder warrie nie!”

Musiekgroete
Marius de Vos

Uitvoerende Regisseur: Pierre van der Westhuizen
Opname gedoen deur: Henk Grimsell
Finale Meng: Pierre van der Westhuizen,Henk Grimsell

Finale Meester deur Maroela Studios

2016 | © Boeremusiek.co.za | Webblad deur Etienne van Wyk